Saturday 24 April 2021

uitrykende rug

ek raak hartseer wanneer
ek krom mense sien kruie oor die aarde
kom dit nie van 'n kultuur van aanbid en skaapgatvolg
wat al die krom rûe veroorsaak?

ek weet daadwerklik en ondubbelsinnig 
dat ek nie Faust wil speel nie
ek wil geen kennis, geen onsterflikheid,
geen intellek, geen rykdom, 
geen blink nuwe vleuelklaviere
in ruil vir my uitrykende rug hê nie

laat ek bly om my skouerblaai oop te vou
en my eie vars verbeeldingvleuels laat uitrys

sal die blou lug en son oor 'n kromgetrekte rug wil skyn?

ek stoot my bors uit
gooi my kop agteroor
met 'n mond wat laggend
al my werwels soos 'n wisteria
laat oopblom die wye wêreld in!

No comments:

Post a Comment