Thursday 8 April 2021

digterlike spelonk

ek staan in die grot in die Bannerman's pas 
in die Drakensberge
die magtige opening in die sandsteen-flanke
laat my eie mond oophang

die blootstellende omhulling 
van die gapende aarde
die kille omhelsing van die nat verkalkte klipwande
gee my 'n tydelike sin van behoort

ek wil nie veel in die lewe hê nie
slegs 'n digterlike spelonk
tussen my twee wange
waarin die verse drup drup drup
en bly eggo met die valleie af

No comments:

Post a Comment