Saturday, 7 October 2017

verbrokkeling

voor die nuus gebreek het
het ek my poppie onder die kombers
tussen my vingers vasgeklem
en elke stukkie troos uit haar wang gevryf

ek het geweet my hart gaan in stukke breek
ek bly klou en klou aan die poppie se lyf
ek soek vashouplek
in hierdie tyd van verbrokkeling

Friday, 6 October 2017

kierang

kierang kierang my duiselig
weet nie of die letters
toor of waarheid praat
wat is siek wat is gesond
wat is warm wat is koud
wat is liefde wat is kwaad
kierang kierang my disnis
slaat my oor my kop
en druk my die drein in
dit is te donker om my pad te vind
ek druk my handpalms styf teen my oë
ah die oombliklike verligting - 
die duisternis skilfer in 
'n swetterjoel sterre

Thursday, 5 October 2017

Poetry next to the railway*

it is the first Wednesday of the month
that means we gather for open mic poetry in
the dusky light of the Steampunk coffee shop
in Lions River, The Midlands of KwaZulu-Natal
familiar and new faces come to read and enjoy poetry

within the tiny interior of the shop
the cold July air seeps into our bones
our hearts grow warmer with each syllable

i read poems by Antjie Krog, Ian McCallum and myself
outside the noisy traffic on the R103 can not stifle the intimacy

here next to the railway poetry is spoken and felt
rippling through throat and teeth
we are all a little nervous as we set off vocalising that first syllable
but by the end of each poem everyone feels
the joining of air and word
a unification of people as varied as the stars

afterwards we huddle around the counter to
dish up Mrs Thokan’s breyani for R30 a plate
and Mike’s coffee is on the house

even if we do not see each other outside this circle of poetry
we do not care for
here
right now
is where our tongues
come alive for
a fleeting eternity

*This poem is published in the Sol Plaatje European Union Poetry Anthology for 2017.

Wednesday, 4 October 2017

the blessed poem

the blessed poem crouches
full of compassion in front of
the poet’s nebulous womb

is it in this orbit
or another where the inexpressible
tastes like dew and manna on the tongue?

the nullification of death
stupefies the language-fighters and
the narcissists

the diverse research gives
no space
for the imagination

the poems can only
march in
their own protests

a fraction of a syllable
will purify my possessed head
there is no time for excessive metaphors

be it indigenous
or alien
it does not matter

we all stand with hungry lungs
that more and more  
fall away into a state of sigh

Tuesday, 3 October 2017

the sheets crumple themselves

the sheets crumple themselves
in the corners of rooms
too terrified to come in touch
with the ruthlessness
of our limbs
our pillows shrink away
too scared to be the resting place for
our mercilessness

Monday, 2 October 2017

with every breath

with
every 
breath
love loves 
and unloves me
a hundred times over

Sunday, 1 October 2017

om met die berg op te klim

met elke spier wat trek en span
om met die berg op te klim
juig die hart
hoe heerlik die lug in die drakensberge
hoe verruklik die vlietende vryheid
wat in jou kieste opborrel
geen gejaag geen skaamte
geen huiwer geen angs
geen opinie geen irritasie
alom net lente-groen hange waaroor
ek my bene in totale oorgawe kan laat rol

Saturday, 30 September 2017

die welgeluksalige gedig

die welgeluksalige gedig hurk 
vol deernis voor die digter se
newelagtige baarmoeder

is dit in hierdie wentelbaan
of 'n ander waar die onsegbare
proe soos manna en dou op die tong?

die verniksing van die dood
laat die taalvegters en 
narcissiste stom staan

die diverse navorsing laat 
geen meer plek 
vir die verbeelding

die gedigte moet maar 
in eie hulle eie protesoptogte 
marsjeer

'n fraksie van 'n lettergreep
sal my besete kop suiwer
daar is nie tyd vir oordadige metafore

of dit nou 
inheems of uitheems is 
maak nie saak

ons almal staan met honger longe
wat meer en meer 
in versugting verval

Friday, 22 September 2017

friday afternoon

wanting to avoid the friday afternoon traffic
we take a shortcut through pinetown, durban
as our car jumps into a side road
my eye falls on a group of five men
sitting on the pavement
and with expert focus
rubbing body lotion over their hands and arms

men in a row
giving each other the bottle
 - the bottle of cream -
smiling because the weekend has arrived
reason to rub away the dryness

those few seconds i watch
this huddle of shining black skin
play off in front of me with such a lyrical slowness
enough time to foresee
the three stanzas that
will shape this poem

Wednesday, 20 September 2017

gaps

everywhere just gaps

gaps                        e  v  e r  y    w    h   e    r      e
filled with inequities
and uncertainties
gaps overflowing with 
gasping yearnings to be filled
gaps of       alienation
gaps of   distrust
gaps of          mi  s und er  sta   n ding
gaps of          an noyan ce
gaps of unpeace
gaps of                          list   less ness
gaps of                nailbiting
gaps of                                              d ...i ...s..t.r.....a..c.t....i....o...n
gaps of  un poe try
gaps of    hung er
gaps of        no               interest
gaps of     discom   fiture
gaps of                      regret
gaps of        clue less ness
gaps of                          em  bar  rass   ment
gaps of                                              d e a d n e s s
gaps of                                confsuion
gaps of      grey    d i s  s  o l    u     t      i   o  n

gaps 
of  s t a   r   l  e   s  s  n  e   s    s

gaps                        e  v  e r  y    w    h   e    r      e

everywhere  

just 


                               gaps

Tuesday, 19 September 2017

Koor-repetisie in Kwandengezi

ek en Sandile Mabaso - tenoor en koordirigent -
sit in ‘n taxi oppad na Kwandengezi
duskant Pinetown in KwaZulu-Natal
net voor ons vertrek klim twee dronk mans in
met die uurlange reis is ons getuies van
hulle onophoudelike  argument oor
wie die R10 taxi-fooi gaan betaal
die humor van die situasie smelt in
ons stil mondhoeke

hier sit ons - twee klassieke musici in
die geroesemoes van ‘n taxi
onderweg na ons repetisie
ons hardloop ‘n bietjie laat
Sandile stuur whatsapp boodskappe om
te laat weet ons is oppad
die Vusisizwe Choral Society in Kwandengezi
wag geduldig vir ons aankoms

ek is ietwat senuweeagtig
die Donizetti en Mozart wat ek ingeoefen het
is vinnig en daar is baie note

toe ons arriveer groet die koorlede ons met
soveel dekorum en dankbaarheid
ek het my kort pers rokkie aan
ek vermoed die koor het nie verwag dat
‘n vrou met sulke dun beentjies so kan klavier speel nie
moet ek byvoeg daar was nie ‘n klavier nie
wel ‘n keyboard sonder ‘n pedaal en staander
al is my konsentrasie intens
kry ek so lekker om te hoor hoe
die sterk stemme teen die mure bons

more het ons ‘n optrede in Pinetown se Metodiste kerk
en Sondag in die Tatham Kunsgallery in Pietermaritzburg
die opwinding sit hoog in almal se kele

die koor het geld ingesamel sodat ek
die volgende twee aande in
die Pinetown Bay Lodge kan oorslaap
‘n saligheid lê oor my toe ek
die aand in die bed klim
as ons maar net weet hoe gelukkig ons is
om in Afrika musiek te kan maak!

Saturday, 16 September 2017

die winde daar buite

die winde daar buite krap 
my gemoed holderstebolder
vir hoeveel dae woed 
hierdie winde nou al?
die lug is dynserig van rook en stof

ek bly eerder in die huis
ek is in so 'n spektrale bui
dat as ek dit enigsins 
daar buite gaan waag
ek in 
een 
enkele 
soutkorrel
gaan verander


Friday, 15 September 2017

oëverblindery

die oëverblindery van die digkuns
die pretensie van die woorde
die skynvertoon van die metafoor
die vermomde versreël goed geoefen
in die kuns van voorwendsels
die metrum en rymelary 
is net onderhandse tegnieke 
in die groot spel 
van verbale goëlery
foppery te vinde oraloor
hoe skeur ek my weg van 
die verdigsels wat 
so kort en kragtig
met my kop toor?

Thursday, 14 September 2017

hart

die probleem met skryf is 
dat die vlak van skerm en papier 
waarop die digter skryf
sonder aar of hart is

net dooie 
oppervlakkige 
vlakkigheid

die kuns is om 'n hart in 
die papier te plant 

selfs 'n hart-chirurg
sal die taak uitdagend vind

Wednesday, 13 September 2017

it will just be too much

exposure to a metaphor today
will just be too much
i can not stomach another rhyme or syllabic rhythm
i am overstimulated with poetic imagery

i crave a blank page

a blank brain

i can not stand digging metric holes in the paper
poetry is all too much for me today
i need a break

emptiness

silence

Monday, 11 September 2017

Slaap

Slaap jou soete ding
vergewe my dat ek 
nie myself 
in totale oorgawe 
aan jou gee nie

ek huil omdat ek 
my geliefde Slaap so afskeep

my hart breek
hoe sal ek dit ooit
opmaak met jou my beminde Slaap?
wat kan ek doen om jou te oortuig
dat jy nog so 'n belangrike rol 
in my lewe speel?

asseblief Slaap, ek smeek jou
moenie weghardloop van my!

ek het jou nog so lief
ek wil nog al my jare
met jou deurbring
tot die Dood ons skei

Slaap, jy het dit seker al baie gehoor
maar ek belowe
dat ek meer tyd vir jou sal maak

Thursday, 7 September 2017

Die digter is nie dood nie*

dankie Ingrid

Die digter is nie dood nie
die digter lig haar tong teen haar spoke
wat Twyfel huil huil die keel van afguns en nyd
in die kwatryne van die onsekerheid
Die digter lig haar tong teen haar verlede
in die parade van harlekyne en maskers
wat Twyfel huil huil die keel van onmin en verdriet
in die koeplet van haar kwesbaarheid

...

*gedig in wording

Tuesday, 5 September 2017

rok

ek vat die tweetalige woordeboek
pluk die blaaie los
en maak vir my ‘n tweetalige rok
die verskillende pante kram ek aan mekaar
en voilà!
ek trek dit aan oor my gretige kop en arms
ek draai en tol uitbundig
totdat ek neerval in totale dronkenskap
en die volgende oggend dommel in
‘n wasige babel-aas

Monday, 4 September 2017

die lakens frommel hulself op

die lakens frommel hulself op
in die hoeke van kamers
te verskrik om in aanraking te kom 
met die genadeloosheid
van ons ledemate 
ons kussings krimp weg
te bang om die rusplek vir 
ons onverbiddelikheid te wees

Sunday, 3 September 2017

bell

my heart pulls
into the shape of
a bell

          i murmur a prayer
may we never become lazy with love and
never despise the urgency of the creative deed

i begin to ring from deep inside my chest
it trembles and shakes through all my muscles till my body
rises and chimes straight through the great skies

           wake up world, wake up!
           the new day breaks like a season of swallows
           in flight after the smell of summer

Saturday, 2 September 2017

hierdie trane

met die ervaring van die verlies
het my hart, maag en
ander ingewandes
oë gegroei wat so 
viseraal die pyn
in die oog moet kyk
die oë in my kop is net nie genoeg nie
ek het nog oë nodig
wat moet help huil 
aan
al 
hierdie 
trane

Thursday, 31 August 2017

supple

supple metaphorising
glides through the ear-ducts
and seeps through the brain cells
firing the synapses to the eyes 
constricting the pupils in
overexposed wonderment
causing the mouth to pull in
one breath-taken crease

Wednesday, 30 August 2017

hoe kan ek ophou skryf?

hoe kan ek ophou skryf
as die woorde soos taai spinnerakke
aan my tong kleef?

ek is te lief vir woord
om my kiewe te laat lê 
in stille vergetelheid

soos die wilde wakkerheid
in die vroeë nat oggendure
aan die keelklanke van voël en padda klou

so wil ek met my eie keel die hoogtes inpyl
en versot raak op die lettergrepige liefde
wat net geen einde wil ken!

Sunday, 16 July 2017

by die lughawe in port elizabeth

mense met soveel groot woorde en groot gevoelens
weef een sirkel om al die uitspinsels en uitspansels
van intellek en dwaasheid
dit voel asof ek soms die hele mensdom
in my rugstring dra

vliegtuig land en kom tot stilstand hier duskant
die restaurant by die lughawe in port elizabeth
ek sien jonges vasgevang in oorfone
oë genael aan skerms
duime wikkelend oor boodskappe en speletjies
kan ek net wonder oor hierdie land
met al sy gille en hallelujahs
al sy bewegende ledemate en honger mae
hierdie land met vliegtuie wat daagliks opstyg en land
hier is ek skuilend agter my sillabes
en droom oor die toekoms van die valleie en
die kinders en die groei van hulle jong stemme

ek sit met my palms na bo
op die klein tafeltjie in die restaurant
en glimlag vir almal wat verby stroom
ek is nie esoteries of van my kop af nie
ek wil ‘n seën uitspreek oor hierdie land en sy mense
in hierdie een gedig wil ek met soveel innige krag
goedheid en deernis tot lewe spreek

in die lughawe hang alles op so ‘n dun draadjie
vaarwelle en opwinding tril vir etlike oomblikke
voordat dit weggesweep word op vlug na
nuwe reise
nuwe beginne 

Saturday, 15 July 2017

skryf myself disnis

skryf myself disnis
sodat ek die afgrond asook
die opgrond in kan rol
kolk myself tot binne-in
die kernste van die woordkern
dat ek moerwarm in die smeltkroes
kan borrel en sidder
sonder sien of hoor
die woordste van woorde
so lewend kan voel

ek hou dié pit tussen my wysvinger
en duim
beloer dit van alle kante

wanneer die lig deur 
die 
fasette 
pyl
sal die strale
die waaragtigste waarheid 
in
my selle 
oop 
en 
vry 
breek

Wednesday, 12 July 2017

you who

you who sunk into
my cells like
a wide-tummied breath

you who treaded
your spoor on
all the footpaths of my heart

you whose name
I keep wrapping
around my tongue

when I open my mouth
the ringing syllable of your name
nests in the sky

Kim
Kim
Kim I love you so

Tuesday, 11 July 2017

as my feet

as my feet break through the grass to 
get to the footpath leading to the ocean
my eyes trail off to the sky
the blue brightness seemingly happy
to see my heart so a-love

i love you beyond surety and unsurety
in the swirlest swirl of ocean waves
i tumble with my love for you
i lose touch with the earth 
my feet rise by its own wild dangling
the way i walk today
i can not hide the way my feet 
have fallen in love with you over 
and over again with each step into 
the beyondness of our love

my feet are frozen from the wintry walk on the beach
i want to get out of this wind and
phone you to let my voice ripple into you ears 
and your eardrums to feel the new beat of this love

i feel  not a pinch of pain as i start running
from sheer exuberance over the knobbly tarmac
my skin is so alive in this numbing cold
i see my heart running ahead of my chest
my body can not go as fast and fierce as 
my heart leaping toward the voice of you

Wednesday, 5 July 2017

i can not sleep

i can not sleep
i can not sleep
i am overflowing
with
merry thinkery

Tuesday, 4 July 2017

Sunday, 2 July 2017

neem oor!

ek skryf met my bic pen en soos
ek begin dommel in slaap
skuif ek my skryfboek eenkant
maar hou die blaai oopgevou
en sit my pen neer sonder om die inkpunt terug te druk
pen moet gereed wees
om self die gedig neer te pen
as die muse oor my bed dwaal
en my hand slaap
pen – ek beveel – neem oor in die skryf van hierdie gedig –
al mag ek slaap – moet jy
bly skryf

à la sorcerer’s apprentice!