Tuesday, 31 May 2022

onbeskryflik

my digkuns is so spontaan
dat ek nie eens die potlood hoef 
vas te hou vir die skrywersdaad nie

die poëtika rank lowerryk om die potlood
my vers neem die potlood in eie hand
en druk haarself uit
sonder menslike intervensie

suiwer onbeskryflike digkuns 
dwarrel deur die lug

menstong 
menshart 
staan opsy - 
julle sal net 
die poëtika
ver(d)raai

Sunday, 29 May 2022

i am a drop

water at my back

blue sky up above

i am a drop

contained in

the walls of my mind

crack me

i want to seep into

you


in the water reservoir, Stonehenge, Tankwa Karoo

Saturday, 28 May 2022

patterned and unpatterned

always the expectedness and 
the unexpectedness 
in
the temperaments of the Seasons

patterned and 
unpatterned
it chases 
our bones 
into
startled survival

Wednesday, 25 May 2022

open

every little poem of mine
is a showcase of
how open [or closed]
my eyes are

Tuesday, 24 May 2022

Poetry, why I love you!

intimate maximisation
minimalist exaggeration
credible contortions
succinct vastness
vicarious viscerality

Monday, 23 May 2022

hoekom praat / skryf ons in digkuns?

(in partikulêre orde): 

1.       om te toor

2.       om ore en oë tot stilstand te bring

3.      om aandag op die ritmiese tong te vestig

4.      omdat ons ons taal geniet

5.      dit verenig teater en intimiteit

6.      digterlike sillabes op die tong is vergelykbaar aan sjokolade

7.      aaaah, dit is so ekonomies - meeste digkuns benodig slegs enkele asems om lewe te kry en gee


Sunday, 22 May 2022

fluweel vlerke

ah woorde kan met sulke verleidelike fluweel vlerke
teen die binne wande van my mond stryk

met net ‘n paar subtiele kontorsies van lippe en tong
skep ons wonder-sillabes wat bekoor, verlei, vermaak

die toortonnel van die mond
die magiese grot
die kolkgat waar die woorde geslyp word
tot perfekte koeëls van klank wat
vaartbelyn die oorwande kwes

Friday, 20 May 2022

our love be

our love be oceanic in its expression
our love be kelpforests in its breathing
our love be oysters in its gripping survival
our love be the wild springtide in its ecstasy

Wednesday, 18 May 2022

rocksolidbodem van die Liefde

die gevoel van ons liefde
skyn deur my hart soos sonlig wat 
deur die laatmiddagsondeurdrenkte
seebamboeswoude pyl - 
hemels     penetrerend
asemrowend         bekorend

ek swem met verwonderende oë deur 
die bamboes van ons verrukking
seebamboes wat met soveel veerkragtigheid
die getye deurstaan en 
bly klou aan 
die rocksolidbodem van 
die Liefde

Monday, 16 May 2022

ontdigtering

my hart tattoëer alewig poësie oor
die binne-kurwes van my ribbes
my hand is te onkundig om die lyne te vertaal
ag, komaan harts-ink!
verf deurdringende siklone deur my are
laat dit in wondermerke op my vel uitslaan
sodat die hele wêreld my ontdigtering kan sien!

Sunday, 15 May 2022

Ritme van Drie

sien jy nou?
wat van my?
vat hom vas
kom gou weer
as-se-blief!
ko-maan nou!
luister jy?
dans met my
roep my naam
hoekom nou?
ek skuld jou
dankie tog!


ek is hier

. . . 

tik tik tik
my pen drie keer op die blad
ek meld myself aan voor die woord-muse Calliope
julle kan my afmerk op haar roll-call-lys
ek is hier om in digte
ligte laaie op te styg!
 

Saturday, 14 May 2022

praat nie in metafore

die stem in die binnekamers van my siel
praat nie in metafore
metafore is oordrewe leuens
opgetofde leuens
skouspelagtige leuens
my ore hoef nie in ompaaie te luister nie

ontsluit my stywe kakebeen
ontkoppel my tong
my oordromme is gereed
om deur die onopgesmutkte di di di
digkuns
getref te word!

Friday, 13 May 2022

i wish my love for you to be an abundant bean harvest

   for my Darling!

i wish my love for you to be an abundant bean harvest
beans overflowing the palms of your hands
beans cascading over your baskets and basins
beans jumping for joy in their ebullient buoyancy

only as the beans plop down in the water-filled cooking pots
do they settle down to lie and 
soak in their serene bean-ness
surrendering their nourishment to our hunger

i wish my love for you to be an abundant bean harvest
beans overflowing the palms of your hands
beans cascading over your baskets and basins
beans jumping for joy in their ebullient buoyancy

oh, how naughtily each bean smiles through its little navel
as they career down to our tummies
glowing in the knowing that they have infiltrated us
and will make us satisfied and complete human beans!

i wish my love for you to be an abundant bean harvest
beans overflowing the palms of your hands
beans cascading over your baskets and basins
beans jumping for joy in their ebullient buoyancy

die superheros van die digterlike hongersnood

ek hou my pen dop
gevries in tyd staan hy teatraal in sy heroïese postuur
nes die houding van strutting superheros
op hulle reklame plakkate
skielik wapper 'n swart jas om 
die skouers van die pen
groot stewels om sy voete
kyk hy my uit met oë wat 
ver in die gedig se toekoms tuur

die fokus zoom in op die penpunt 
so klein en dun
amper niksseggend in sy skraalheid
dit is uit daai einste punt waaruit
die allesseggende gravitas van 
die poëtika met singende spiere aangehardloop kom
en die verwarde hart van die digter sal red

bly hande vashou met my penne
- die superheros van die digterlike hongersnood!

Tuesday, 10 May 2022

Tequila meditasie

ek gee nie om wat die puriste sê nie
maar ek gaan nou 'n glasie tequila sluk
en op die maat van my beswymende hartklop
en singende asem sit en mediteer

aaah, die mees asemrowende insigte
kom land op my tempels!

Saturday, 7 May 2022

ek is uitgetiep oor die afgrond van jou verbeelding

om te weet die oë van jou het op die woorde van my geval
maak elke gewrig in my sintaksis ontkoppel

ek is uitgetiep oor die afgrond van jou verbeelding - die ekstase!
die hart wil nie bedaar

ek staan kaler as kaal voor jou
en dis nie skaam en wegkyk
maar diep in jou onbegrensde oë inpyl

ek sien
jou
raak

en die sien
raak
jou

met ons siele bou ons metafore waaroor ons na mekaar se digte takke klim

jy is 'n gety wat deur my pols
en die slapende wildheid in my wakker maak

god dank vir aanraking
en
invloed!

my tong het reggemaak vir 'n forever stilte
en toe kom jy

en ons weet goed
aangeraakte organe staan
penorent

en skielik maak
oorlewing weer
sin

ek wil in alle naaktheid voor jou staan
niks anders sal sinmaak

Friday, 6 May 2022

ten fingers run roots

ten fingers run roots ravenously through the keys
radiate with filigree ferocity over and
through the hundreds of strings
splinter the iron frame and explode the
sound in the forests of your hearts

rippling revelations reveal revelries through the arteries
of the resonating rotations of sounds
rebellious racy rollicking rollercoastering
in the palms of my restless hands
i hold rising cyclones of resurgent risorgimentos 
and resplendent resplurgences

i bow in reverence of the sound
the sound that heals me
the sound that breathes me

Thursday, 5 May 2022

her only wish

over the poised core of
the boy
  the rose
the ocean
  the stone
the tree
  the dance
the spine
  the raindrop
the tongue
          comes rising her eye

her only wish

to peer
  the eternal
breathless
           gaze

Tuesday, 3 May 2022

vanoggend het ek van jou gedroom


        vir Kim

vanoggend het ek van jou gedroom
jou tong was so koel en tuimelend
soos ‘n waterval diep in my mond

liggaamsdele en tonge is bekend in my drome
maar ek kan nie onthou dat ek vantevore
gedroom het oor ‘n sensasie van temperatuur nie

die koelkoelerkoelste tong het jy teen myne gelê
- wat a verruklike siddering skiet deur my nek -
jou tong het so helder en kabbelend gevoel
soos die water van ‘n bergrivier

die sagte nat koelte van jou duikende tong
het die donker poorte van my wese
met sy groot skag lig oopgekalwe

       nou loop ek die res van die dag met
       hierdie droom-deurdrenkte keel
       my oë wil net terugkeer na slaap
       my lyf is warm en nat gesweet
       my dye wil onder my insak

        sedert die droom
        is dit net my tong
        wat koel en standvastig voel

***

i dreamt of you this morning

     for Kim

i dreamt of you this morning
your tongue was so cool and cascading
like a waterfall deep into my mouth

bodyparts and tongues are familiar in my dreams
but i can not remember that I have ever dreamt
of the sensation of temperature before

the coolcoolercoolest tongue you laid against mine
- what a thrilling shiver shot down my neck -
your tongue felt so lucid and susurrating
like the water of a bright berg-river

the soft coolness of your diving tongue
carved open the dark corridors of my being
with its great shaft of light

       the rest of the day i have been walking
       with this dream-endrenched throat
       my eyes want to return to sleep
       my body is warm and sweaty
       my thighs want to collapse

       since the dream
       it is only my tongue
       that feels cool and grounded today

Friday, 29 April 2022

Ode to the Mango

Oh Mango!
i just ate the best specimen of you today
i can die a thrilled and exhilarated human being!
Oh Mango - delightful sister in the Anacardiceae family -
you are soil sun forest and nectar gloriously fused
there is no other fruit like you
you bring out proud and unashamed selfishness in me
i want to eat you all alone
you are made to be eaten in your exotic entirety
juicy and messy
even when i slice off your skin
i dig my teeth inside each peel
to run the very last sweetness of
your exquisiteness over my tongue
i can only be so patient and civilised
soon i throw the knife clatteringly into the basin
i grab hold of you with my two adoring hands
Oh Mango! 
i sink my teeth deep
thrusting close closer and closest to your heart
i suck and pull at your clinging fibres
there is a leafiness
an earthiness
a primordial forestiness
that nestles in your flesh
i try to capsule your inimitable aroma with my tongue
i want to shackle you to my throat
you are sweet sun incarnate
oh drip down my throat forever and ever
let my uvula turn into the branch of a tree from
where you can hang your volcanic flavour and
lava over the voraciousness of my ravishing
Oh Mango!
you have gravitas
you have presence
you have boldness
you have splendiferous explosiveness
when i peel you it is like pulling the trigger from a grenade
but the explosion is not bloody and damaging
it is healing binding connecting
my every tissue into a wholeness of harmony
i do not dismay when your fibres cling between my teeth
i do not grab for the floss
i let the last signs of mango
turn my teeth into flying buttresses and
my tongue into singing spires
Oh Mango!
you make my mouth rise
like a grand cathedral from
your radiant revelations

Thursday, 21 April 2022

Friday, 8 April 2022

my ears stare

my ears stare
into
the distance
trying to grab hold
of
the furthest




silence


1 April 2022, Tankwa Karoo

Wednesday, 6 April 2022


my poem is a white-flanked springbok

that leaps from your groping eyes


April, Tankwa Karoo

Tuesday, 5 April 2022

vat

hierdie aarde vat die woorde
uit my mond
hierdie son vat die oortuiging
uit my lendene
hierdie wind vat die klop uit my ore

my lyf is 'n leë kalbas

April, Tankwa Karoo

Monday, 4 April 2022

hiding

i lift every tankwa stone

looking under each of them

somewhere my writer's confidence

must be hiding


Sunday, 3 April 2022

the silence

the silence

echoes

through 

the hollows of

my skin


the silence

cradles

my ears

into

yawning 

oblivion


the silence is so thick

when i stick my tongue out

i trip over myself


April 2022, Tankwa Karoo


Saturday, 2 April 2022

the sun

the sun loves us more ardently 
in the Tankwa
feel how passionately
he kisses our forlorn skins

April, Tankwa Karoo

Friday, 1 April 2022

float

my [scattered] thoughts

float on

the [togetherness of]

water


1 april 2022, Tankwa Karoo

Monday, 21 March 2022

drup

drup   drup   drup
die digkuns soos die
drup   drup   drup
van my lekkende stortkop

maak nie saak 
hoe styf ek my oë en ore toedraai nie
die digkuns bly
drup   drup   drup