ek staan voor jou
ek voel hoe die liefde jou ontwyk
die verlies is tasbaar
ek het afgeleer om my hande
vas te klem in hierdie oomblikke
die spyt moet iewers uitkruip
en so drup dit af na my voete
my tone trek in stywe krulle op van die vloer
ek voel hoe die trane opwel in my enkels
Friday, 27 September 2019
Thursday, 26 September 2019
hoe
hoe dig 'n mens vanuit die denklose plek
daar waar dit net suiwer spontane metafoor is
wat roekeloos uit die keelgat lek
en in filigraan lettergrepe
stalaktities in oorbuise drup?
stalaktities in oorbuise drup?
Tuesday, 24 September 2019
giet
jy giet ‘n okarina in
die doodsuur van
die nag
sodat
jy teen sonsopkoms met
al die suurstof in jou
longe
die oggendsinjaal kan blaas
Monday, 23 September 2019
hier is ek
hier is ek
ek is hier
is ek hier?
hier ek is
is hier ek?
ek hier is
in verskeie volgordes
maak ek seker van my ek
double-check my is
en verify my hier
maak dood seker!
nêrens anders as
Hier
Is
Ek!
Phyl Martin tuine, Nature's Valley
ek is hier
is ek hier?
hier ek is
is hier ek?
ek hier is
in verskeie volgordes
maak ek seker van my ek
double-check my is
en verify my hier
maak dood seker!
nêrens anders as
Hier
Is
Ek!
Phyl Martin tuine, Nature's Valley
Sunday, 22 September 2019
gaap
hoe lekker is dit as ek so diep en so lank gaap
dit voel asof my hele nek en keelgat
binnenste buite toe peul
my kakebeen rek op haar uiterste
daai golf van suurstof wat deur my spoel
speel beeldhouer in my binnenste
en hervorm my tot vreugdeling
van die slaapryk
gooi my in die diepste put
van hierdie salige sluimer
met my volgende gaap
is my mond nie meer mond nie
maar intrapplek vir
die voete
van
die heelal
dit voel asof my hele nek en keelgat
binnenste buite toe peul
my kakebeen rek op haar uiterste
daai golf van suurstof wat deur my spoel
speel beeldhouer in my binnenste
en hervorm my tot vreugdeling
van die slaapryk
gooi my in die diepste put
van hierdie salige sluimer
met my volgende gaap
is my mond nie meer mond nie
maar intrapplek vir
die voete
van
die heelal
Saturday, 21 September 2019
kniel
ek haal my bril af
gaan op my knieë op die gras
buk oor die papier
son op my regter wang
skadu oor die woorde
wil ek hierdie gedig skryf
asof dit die heel eerste gedig
in my lewe is
vergeet van gewoontes
- aangeleer of nie -
vergeet orde spelling sinmaak rym ritme
vergeet alles wat ek voorheen geskryf het
hier is die heel eerste gedig wat ek skryf
proe die penpunt vir die heel eerste keer
die vreemde smaak van die gedig
my hand huiwer-huiwer
die skadu bly stil-stil oor die papier skuif
soos 'n onsigbare kombers val die son op my wang
ek kniel in hierdie oomblik
supplikeer myself voor die digterspapier
skep 'n ritueel
die sweet begin opdam in die waai van my knielende knieë
my nek bly my herinner aan haar stramheid
die gras waarop ek druk bly groei
die halms druk hulle patrone op
die vel van my kuite en elmboë
mag ek gemerk word
deur hierdie knielende oomblik
gaan op my knieë op die gras
buk oor die papier
son op my regter wang
skadu oor die woorde
wil ek hierdie gedig skryf
asof dit die heel eerste gedig
in my lewe is
vergeet van gewoontes
- aangeleer of nie -
vergeet orde spelling sinmaak rym ritme
vergeet alles wat ek voorheen geskryf het
hier is die heel eerste gedig wat ek skryf
proe die penpunt vir die heel eerste keer
die vreemde smaak van die gedig
my hand huiwer-huiwer
die skadu bly stil-stil oor die papier skuif
soos 'n onsigbare kombers val die son op my wang
ek kniel in hierdie oomblik
supplikeer myself voor die digterspapier
skep 'n ritueel
die sweet begin opdam in die waai van my knielende knieë
my nek bly my herinner aan haar stramheid
die gras waarop ek druk bly groei
die halms druk hulle patrone op
die vel van my kuite en elmboë
mag ek gemerk word
deur hierdie knielende oomblik
Friday, 20 September 2019
Boomkerk
Eikeboom in die tuin van die Moederkerk, Stellenbosch
ek sit hier by my Boomkerk
die lig wat deur die nuutoopgevoude blare breek
is die geruite vensters waardeur die goddelikheid straal
die knewel van 'n boomstam is
God se bobeen wat sonder swik of swig
sy goddelike staan staan
die juigende takke is die kerkbankies waarop
die voëls lofliedere tot die hemele sing
die wortels is die geloof wat in
onsigbaarheid die goddelikheid vasanker
o Boomgod, jou asem blaas die wêreld aan die lewe
jou groen mantel pomp kleur in ons anemiese siele
jou takke-prag ken geen argitektoniese perke
jy is milddadig in jou genade
en verrykend in
jou standvastige omarming
o Boomgod, al wat ek jou vra is:
ek sit hier by my Boomkerk
die lig wat deur die nuutoopgevoude blare breek
is die geruite vensters waardeur die goddelikheid straal
die knewel van 'n boomstam is
God se bobeen wat sonder swik of swig
sy goddelike staan staan
die juigende takke is die kerkbankies waarop
die voëls lofliedere tot die hemele sing
die wortels is die geloof wat in
onsigbaarheid die goddelikheid vasanker
o Boomgod, jou asem blaas die wêreld aan die lewe
jou groen mantel pomp kleur in ons anemiese siele
jou takke-prag ken geen argitektoniese perke
jy is milddadig in jou genade
en verrykend in
jou standvastige omarming
o Boomgod, al wat ek jou vra is:
wees my genadig
in die tye van my ongenade
in die tye van my ongenade
Friday, 13 September 2019
trek los
vir die Helenvale Poets
'n karnaval van skaduwees,
blou lug, digters
en taxi's pols al om my
in 'n optog van uitbundigheid
asblikke, dennebome,
'n karnaval van skaduwees,
blou lug, digters
en taxi's pols al om my
in 'n optog van uitbundigheid
asblikke, dennebome,
diefwering en woorde
trek los van hulle gewoontes
en kom dans in my kop
ek word verblind deur my potlood wat
vooruit hardloop laat die graniet-stof so spat!
vooruit hardloop laat die graniet-stof so spat!
Monday, 9 September 2019
vrede
vrede is die sagte lippe-vee van die V
die salige rol van die R wat die tong sus tot
in die sweem-see van die E
en dan die sagte dowwe tong-plof van die D
laat alles daal na die on-opstairse E
wat die vredesdeur
saggies oopknip
mag vrede in alle monde lê
die salige rol van die R wat die tong sus tot
in die sweem-see van die E
en dan die sagte dowwe tong-plof van die D
laat alles daal na die on-opstairse E
wat die vredesdeur
saggies oopknip
mag vrede in alle monde lê
Sunday, 1 September 2019
Blue Sky
Sky, it was the strangest thing today to
see you blue and bright
your glaring colour almost made me faint
with fright!
after a lot of blinking and some careful
investigation
i determined that this wasn't some
fanciful hallucination
good heavens, thank you for Blue Skies
today!
for weeks now we thought you'd run away
i grabbed my camera and snapped this
rare beast
i had to have some evidence at least!
there were times through these sunless
days
that we were rehearsing eulogies in the
most tearful ways
we were convinced you'd been gobbled up
by clouds and mist
or had joined the endangered species
list!
come, Blue Sky, please do stay for a
while and more
all this wet and dark cloud is
depressing me to the core
for crying out loud, i want to frolic outside dry, wild and free
and dammit, i crave a good solid tan and
my fair share of Vitamin D
Sunday, 18 August 2019
mango
die gedagte aan jou is
'n mango
wat so soet en
veselrig
in
my
keel
af
sak
dat selfs die slukpyp van my siel
smaakkliere groei om
niks van
jou smaaklikheid
te mis
soos
wat
jy
dieper
in
my
afgly
'n mango
wat so soet en
veselrig
in
my
keel
af
sak
dat selfs die slukpyp van my siel
smaakkliere groei om
niks van
jou smaaklikheid
te mis
soos
wat
jy
dieper
in
my
afgly
Friday, 16 August 2019
graça
in memory of Norman Morrissey
your bedside lamp
made sommer with an empty
graça-bottle -
the etiquette still in tact
my eyes linger on the subtitle
casa de ouro
house of gold
yes! i shout
gold is this house
which flows with
music and poetry
tea and honey
(mumbling aside: one day i'll unscrew
the bottle-stand,
fill 'er up with
your favourite drink,
screw it fast again
and flick the switch!
the heat will suffuse your bedroom
with intoxicated light
you'll get graciously drunk
without having a single sip!)
your bedside lamp
made sommer with an empty
graça-bottle -
the etiquette still in tact
my eyes linger on the subtitle
casa de ouro
house of gold
yes! i shout
gold is this house
which flows with
music and poetry
tea and honey
(mumbling aside: one day i'll unscrew
the bottle-stand,
fill 'er up with
your favourite drink,
screw it fast again
and flick the switch!
the heat will suffuse your bedroom
with intoxicated light
you'll get graciously drunk
without having a single sip!)
Wednesday, 14 August 2019
naaldekoker
die naaldekoker
kook kook
die lug vol
met trillende naalde
tril tril
die kwinkelerende vlerke
kwistig in
die kwiksilwer-vlug
van sy lyf
kook kook
die lug vol
met trillende naalde
tril tril
die kwinkelerende vlerke
kwistig in
die kwiksilwer-vlug
van sy lyf
Saturday, 3 August 2019
sonder
photographer: Dani Debellis
sonder
water,
wat is die wêreld
sonder
jou genadelose
genade?
without
water,
what will the world
be
without
your merciless mercy?
Saturday, 20 July 2019
Digtersgebed
na aansporing van Julia Cameron en haar Artist's Way
O Heerser in die Poëtiese Hemele -
Mag jou Digterlike Reën
vollop en met oorgawe oor my hoof val
Ek bid vir metaforiese spierkrag wat
my woorde ver verby die horisonne sal laat hardloop
Ek bid vir genade in die tye
wat ek my mees genadelose kritikus is
Mag ek leer om my kuns elke dag te verbeter
Mag ek my vaardigheid ontwikkel en ontplooi tot
gloeiende vlakke van Wow-dom
Ek bid vir skerpsinnigheid:
'n sterk sin vir "less is more"
en groot asseblief, 'n humorsin wat
my digkuns onweerstaanbaar sal maak
Ek bid ook vir al die ander
minder en meer talentvolles
Mag ons almal skyn en geen afguns of
jaloesie vir mekaar koester
Net liefde en aanmoediging tussen
ons kunstenaarsfamilie
Ek vra dit in Poëtika se naam
Amen
O Heerser in die Poëtiese Hemele -
Mag jou Digterlike Reën
vollop en met oorgawe oor my hoof val
Ek bid vir metaforiese spierkrag wat
my woorde ver verby die horisonne sal laat hardloop
Ek bid vir genade in die tye
wat ek my mees genadelose kritikus is
Mag ek leer om my kuns elke dag te verbeter
Mag ek my vaardigheid ontwikkel en ontplooi tot
gloeiende vlakke van Wow-dom
Ek bid vir skerpsinnigheid:
'n sterk sin vir "less is more"
en groot asseblief, 'n humorsin wat
my digkuns onweerstaanbaar sal maak
Ek bid ook vir al die ander
minder en meer talentvolles
Mag ons almal skyn en geen afguns of
jaloesie vir mekaar koester
Net liefde en aanmoediging tussen
ons kunstenaarsfamilie
Ek vra dit in Poëtika se naam
Amen
Sunday, 14 July 2019
water mymering
![]() |
| photographer: Dani Debellis |
Stroom waarin die donker
net die donker sien
met jou kan ek praat
ek ken jou beter.
- Ingrid Jonker (uittreksel uit gedig Donker stroom)
ek het vir te lank te diep gedink
dat die dieptes gatvol vir my geraak
het
en my vlakkant toe gestoot het
nou mis ek daai dieptes:
daai verkolking van die self
in die liglose vakuum
hoe tragies!
ek is besig om te verdrink
hier in die vlakke waters
asseblief dieptes, kom haal my!
my lyf kan die inperking van
hierdie oppervlakkigheid
nie meer verduur
o dieptes, jy is oper
wilder
en
vryer
water pondering
Stroom waarin die donker
net die donker sien
met jou kan ek praat
ek ken jou beter.
- Ingrid Jonker (extract from the poem Donker stroom)
for too long i have
thought too deeply
that the depths have
become annoyed with me
and pushed me to the
shallow end
now i miss those
depths so much:
that vortex of the
self
in the lightless
vacuum
the tragedy!
i am busy drowning
here in the shallow
waters
please depths, come
fetch me!
my body can not stand
the confinement of
the shallowness
oh depths, you are
more open
wilder
and
freer
Sunday, 7 July 2019
soen-net
my pen word gevang deur
die soen-net
veertien lyne geweef en
gerym met feestelike pret
drie kwatryne om jou toe
te spin met soene
kom trick or treat, dit is
beter as halloween se pampoene
met honderd-vier-en-dertig
soene wil hierdie soen-net jou troetel
ontspan en hou op om aan
jou bo-lip te vroetel
maak toe jou oë
en sink in die beswyming
jou lippe sal begin tril met die beryming
gee jouself oor aan die soen-net se
verleidingspel
die hoendervleis gaan dartel al langs jou tong
en vel
drink diep uit elke soen se digterlike fontein
en so sal ‘n geluksaligheid in jou oorsoende
kieste verskyn
nou is dit net die koeplet wat oor is om jou
koebaai te kus
met haar twee rymende lippies sal sy jou nou
aan die soete slaap sus
Friday, 5 July 2019
gee die waternimfe hulle swemplek
![]() |
| photographer: Dani Debellis |
vir Billy
hou die poele dop
hou die poele dop
en
jy sal jou begeertes in die
water-arsenaal vind
en
binnekort op die water loop
die
waterdraers is die uitverkorenes
om
deur die donker stroom te vaar
en diep dieper
diepste
waters oop te kerf
jy
dink dit is net waterrympies
wat
soos olie op die water lê
as jy mooi kyk sal jy vlammende voorspellings
in die stille golwe se opwellinge sien
dit
is sillabes wat die waterweë
met kwartsiet uitspel
moet
nie jou ledemate se gehegtheid
aan
die warmwaterbron verkwalik nie
elkeen
van ons het ‘n diepe waterbehoefte
wat
nie met leë waterbeloftes verwar moet word nie
los
die waterpolitiek op die agterstoep
die
kinkels gaan nie my pype indring nie
laat
ons die kuns van
die
ongekunstelde waterminnaars leer
en
gee die waternimfe hulle swemplek
hulle
sal die immer migrasie van water laat voortblom
Monday, 24 June 2019
vrypostig
ek moet blindelings oor die papier dans
met oë toe en hart oop
laat die sillabes musiek in my ore oopbreek
die intervalle klim my woorde soos trappe
die verlangende mineur sesde en
die hygende chromatika van die mineur tweede
oor die toontrappe gly ek
met dronke voete op en af
en vind my sinne hulle eie melodie
ek weier dat enige argitketonika
met reëlmaat of simmetrie
die rym in my kop pons!
kyk net hoe my hande en
heupe en hare
en vel so vrypostig oor die papier dans
die metafore peul bont uit die oksels van my arms
geen enkele woord sal in my taal
ongesê gelaat word nie!
met oë toe en hart oop
laat die sillabes musiek in my ore oopbreek
die intervalle klim my woorde soos trappe
die verlangende mineur sesde en
die hygende chromatika van die mineur tweede
oor die toontrappe gly ek
met dronke voete op en af
en vind my sinne hulle eie melodie
ek weier dat enige argitketonika
met reëlmaat of simmetrie
die rym in my kop pons!
kyk net hoe my hande en
heupe en hare
en vel so vrypostig oor die papier dans
die metafore peul bont uit die oksels van my arms
geen enkele woord sal in my taal
ongesê gelaat word nie!
Thursday, 20 June 2019
kokon
dit
is die vorm van my tong
- ‘n kokon met krioelende blink drade
dig geweef
binne-in woel en spartel
die papie in
ongeduldige afwagting op
die oopbreek
na die
nuwe lig
Sunday, 16 June 2019
in the hunt the thrilled skin clings forever onto the slumbering paradise
in
the hunt the thrilled skin clings
forever
onto
the
slumbering paradise
the
doves are looking for shelter
in
the
rustling of the silence
all
that grows
are
mushrooms from
the
cooing mouths
from
the white-blue-sky the soldiers hear
sounds
that taste like cold vacuums
in
porcelain cups
the
other nameless winglings
sound
like castanets
their
staccato interjections into the sky
my
mouth drools as I watch the dancing spots
trembling
over my trembling eyeballs
may
no shred of regret come lie on my temples
the
yellow scarf lies
like
a spasm
over
the incredible sigh
her
wandering breasts shine like a candelabra in the night
and
the prettiness of her feet
lies
trojanically between his sheets
the
fly constantly hits his wings against the glass
neatly
leaves his insect-alarm in the sky
no
milk bottle will silence this anxiety
the
grumbling stomach stands in front of the open fridge
like
an off-legged broom he swerves drunkenly in
the
sight of the frozen bugs
i
feel obliged to flush the world's empty chatter
down
the drain and throw all the matereality
into
the dustbin
the
arrogant pen has a manic way
to
want to be greater than the moment
how
hideous
again-the-hadeda
on the thatched roof
boldly lulls the hordes of trembling little cinderellas
to
sleep
oh,
pardon me, the eyes in my head are only
ornamentation
that
is brilliant in the hiding of my non compos mentis
Labels:
birds,
nature,
observation,
perspective,
poems,
silence,
surreal
Tuesday, 4 June 2019
Die digter is nie dood nie
![]() |
| photographer: Dani Debellis |
Die digter is nie
dood nie
geskoei op Die kind van Ingrid
Jonker
Die digter is nie dood nie
die
digter lig haar tong teen haar demone
wat
Waansin skreeu skreeu die stemme
van
sin en behoort
in
die konsternasie van die verlore siele
Die
digter lig haar tong teen haar gene
in
die stryd teen die sinneloosheid
wat
Waansin skreeu skreeu die stemme
van
die voorvaders en spoke
in
die DNA van ons opstandige woede
Die
digter is nie dood nie
nòg
in die bad nòg op die pad
nòg
met die lem nòg met die gas
nòg
op die brug oor die donker rivier
waar
haar begeerte lê met salwende water in die longe
Die
digter is die skim in die krygsliedere
singend
met tonge kele en vuiste
die
digter breek deur alle sinne en onsinne
die
digter tuur deur donker poele en in die smart
van
die aarde
die
digter wat net wou skryf in die stilte van haar kop is orals
die
digter wat vrou geword het sing deur alle tale
die
digter wat mens geword het vlieg deur alle harte
Sonder ‘n woord
Sonder ‘n woord
Sunday, 2 June 2019
this is not going to be a rousing poem
this is
not going to be a rousing poem
not
even a slightly inspirational one
a poem
that will not go deep
it will
just hover over the surface
a poem
that will not tug at your heartstrings
it will be cutting in its blandness
simply one great disappointment
a verse
that will not pretend to be something that it isn’t
simply
a poem that refuses to charm with metaphoric spells
lines
as straightforward as lines should be
no
seducing with sultry syllables
or
enchanting with fanciful metrics
a poem that
simply sits flat on the page
that does
not excite the tongue
and
definitely does not make you think twice
i know you are still reading to be sure
that no arousal is happening and that i am not pulling your leg
- or any other body part -
- or any other body part -
i was serious when i said that
this is not going to be a rousing poem
no need to look further for
rhyme or reason
climax or crux
witticism or twist in the tail
rhyme or reason
climax or crux
witticism or twist in the tail
nothing of the sort to be found here
just a dead-end of a poem
Saturday, 1 June 2019
when did i join the circus, ma’ma?
we live in such stirring and creative times
how can i write one-dimensional poems?
first let us bring in a rousing symphony
orchestra and
winds sweeping around the highest peaks of
the Great Mountains as a soundtrack
then start writing verses imbued with the breath of
grandiose statements
laced with the declamatorics of state of the
nation addresses
it can’t be called a poem if there is no drum
and bass
beating through its buttocks
it requires william kentridge charcoal drawings
a company of opera singers
for their resounding vocal cords are just the
thing
and seeing that we are going for drama
have the stanzas adorned with
spectacular costumes and headdresses
and of all things DO NOT read it sitting down
incantate it with the voice of an inspirational speaker
a mix of voices of a president, a toast
(coetzer) master, a rapper,
‘n kaapsevlakte ou and a shakespeare actress
no time for looking down on any papers
that is just distracting frippery
each word needs to be memorised into your skin
(but not to worry: in case of lapse, a prompter
will mouth your words)
AND remember: lots of arm movement
you can only go on if you have groupies in
the form of likers, tweeters,
instagrammers, hashtaggers and share-holders
DO NOT forget your audience from afar
always keen to be cyber-rubbing-shoulders with
you
AND a have-to-have is your entourage of
photographers and videographers
that record your every syllable and frown
(note to editor: zooming in with slow motion on
that sweat droplet
on the upper lip and bring in stills in vintage
colours, otherwise no go)
and stating the obvious, we will hire that very
bearded dude
who adjusts the height of your mic
keeps your drink and nerves stirred but not
shaken
and gives you a hirsute kiss just before you
utter your first syllable
when the cue is given turn up the volume of
that symphony orchestra and whirling winds
around
the high peaks of your metaphors
throw in a singing line and dance step or two
you will be the coolest thing out
who wants the fine sensibilities of quiet
metaphors
if you can join the 21st century
circus?!
...and all this time you thought you were doing
poetry?!
Friday, 31 May 2019
Shall I compare thee to the Bard's best rhyme?
It has been quite a while since I wrote a parody. Here one I just penned - based on the famous Sonnet no. 8 by Shakespeare:
Shall I compare thee to the Bard's best rhyme?
Thou art less iambic and even less contained:
Certain verses grow heavy over the course of time,
And rhythmic metres art all too restrained:
Sometime too blunt the blade of the metaphor cuts,
And often is his bold intention deflated;
And every line so vacuously flaunts and struts,
By will, or poet's flawed ego, fated:
But thy wordless silence shall not wane,
Nor lose composure of the still breath thou inhal'st;
Nor shall Noise drag thou into his clamorous terrain
When unbounded Quiet thou still do crav’st:
So long as minds can strive for soundless peace,
And let these words dissolve; all restlessness will cease.
And here the original -
Sonnet VIII
- Shakespeare
Shall I compare thee to a summer’s day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer’s lease hath all too short a date:
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimmed;
And every fair from fair sometime declines,
By chance, or nature’s changing course, untrimmed:
But thy eternal summer shall not fade,
Nor lose possession of that fair thou ow’st;
Nor shall Death brag thou wander’st in his shade
When in eternal lines to time thou grow’st:
So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this, and this gives life to thee.
Shall I compare thee to the Bard's best rhyme?
Thou art less iambic and even less contained:
Certain verses grow heavy over the course of time,
And rhythmic metres art all too restrained:
Sometime too blunt the blade of the metaphor cuts,
And often is his bold intention deflated;
And every line so vacuously flaunts and struts,
By will, or poet's flawed ego, fated:
But thy wordless silence shall not wane,
Nor lose composure of the still breath thou inhal'st;
Nor shall Noise drag thou into his clamorous terrain
When unbounded Quiet thou still do crav’st:
So long as minds can strive for soundless peace,
And let these words dissolve; all restlessness will cease.
And here the original -
Sonnet VIII
- Shakespeare
Shall I compare thee to a summer’s day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer’s lease hath all too short a date:
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimmed;
And every fair from fair sometime declines,
By chance, or nature’s changing course, untrimmed:
But thy eternal summer shall not fade,
Nor lose possession of that fair thou ow’st;
Nor shall Death brag thou wander’st in his shade
When in eternal lines to time thou grow’st:
So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this, and this gives life to thee.
Tuesday, 28 May 2019
soos 'n kat
ek
rangskik my lyf soos ‘n kat
onder
jou hande
my
vel gedurig opsoek
na
jou aanraking
Wednesday, 15 May 2019
die bloeiende pers tonge
die bloeiende pers tonge van die buddleja salviifolia rinkink teen die hange
ek vergeet die sjambolika van my tye
ek kom sit en asem ink-sugte uit oor die papier
die middernagtelike komplotte om transendentale strewes te koester
gee my siel vastrapplek in die konundromiese penaries
wat alewig kapperjolle speel in die solders van my sintuie
ek sit pens en pootjies in die middel van die sillabes
wil weer soos 'n kind sorgvry klieder en kruip
en klouter met al wat nuut en wondertorend is
die tugmeester binne my wil gedurig dinge korrigeer
so venynig hierdie gewoontes van haar
en so versot om my as haar pak-esel toe te snou
ek keer elke keer terug na die blues van laerskool-herinneringe
hoe ek my moontlike genietinge so dikwels in parentese sit
hoekom verkrag ek die oomblik met verstoppende onmin?!
ek begeer om soos die xmen bomenslike kragte te kan uitvoer
pomp adamantium in my are
beskerm my teen die uitmergeling en aanstootlikheid
ek vergeet die sjambolika van my tye
ek kom sit en asem ink-sugte uit oor die papier
die middernagtelike komplotte om transendentale strewes te koester
gee my siel vastrapplek in die konundromiese penaries
wat alewig kapperjolle speel in die solders van my sintuie
ek sit pens en pootjies in die middel van die sillabes
wil weer soos 'n kind sorgvry klieder en kruip
en klouter met al wat nuut en wondertorend is
die tugmeester binne my wil gedurig dinge korrigeer
so venynig hierdie gewoontes van haar
en so versot om my as haar pak-esel toe te snou
ek keer elke keer terug na die blues van laerskool-herinneringe
hoe ek my moontlike genietinge so dikwels in parentese sit
hoekom verkrag ek die oomblik met verstoppende onmin?!
ek begeer om soos die xmen bomenslike kragte te kan uitvoer
pomp adamantium in my are
beskerm my teen die uitmergeling en aanstootlikheid
Saturday, 11 May 2019
verwarreling
uit hierdie wilde wind wil ek ontvlug
en myself in jou arms toedig
die verwarreling in die woesteny
van 'n hart wat enige oomblik
my kan laat staan of laat vlieg...
en tog kies dit meer kere die vlieg
want wie wil die vlerke toevou as
die soete lug aan die skouers gaan bly klou?
en myself in jou arms toedig
die verwarreling in die woesteny
van 'n hart wat enige oomblik
my kan laat staan of laat vlieg...
en tog kies dit meer kere die vlieg
want wie wil die vlerke toevou as
die soete lug aan die skouers gaan bly klou?
Friday, 3 May 2019
ekosisteem
soos
klippe op die grond
pak
ek my woorde uit
dat
wanneer ek hulle
na
maande weer gaan optel
‘n
hele ekosisteem onder hulle uitbroei
Subscribe to:
Posts (Atom)



