Tuesday 20 October 2015

dink hardop

i

die dae is vol van bome en blomme
en reuke en stories en stemme
en kilometers en afstande wat nader gebring word
winde wat waai
hart wat amper wil breek van so baie

ii

die hele tyd op pad wees
beplanning vir dit en dat
dagboek skryf
gedurig na horlosies kyk
dit maak my mal

iii

ek verlang na die stilte
in water
stilte bo op die drakensberge
stilte in die veld
stilte van ‘n stil hart

iv

as ek kon ontslae raak van al hierdie afleidings
hoeveel spasie sal ek dan in my kop
en om my hê
om myself totaal toe te wy aan my kreatiwiteit

v

die verligting as my lyf en my longe
stilte en kans kry
om weer dieper asem te haal

No comments:

Post a Comment