ek
lê onder die oorhang van die grot
drup-drup
water uit die klip en bons op
die
blare van ‘n jong stinkhoutboom
en
spat ‘n sproei-reën op my oop gesig
sneeu
lê op die pieke en hange van die Malutis
sien
ek teen die kille bloue winterlug
‘n
helende son
niks
kom naby die eenvoud hiervan
geen
intellek
geen
fancy woorde
geen
stadsgeriewe
geen
vaartbelynde voertuie
geen
argitektoniese vernuf
sal
ooit blinker skyn as hierdie
water
klip boom lug en son
*Hierdie gedig is gekies om deel te vorm van die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology van 2015.
*Hierdie gedig is gekies om deel te vorm van die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology van 2015.
No comments:
Post a Comment