ek
sit in die kar
en
elke stukkie materie wat my omring
breek
in duisende atomiese partikels in my kop oop
glas
hout
plastiek
rubber
papier
lap
wol
metaal
los
op voor my oë
en
ek is
skielik
in ‘n wêreld
waar daar
niks
mens-gemaak-geweef-gesmelt
is nie
ons
word gebore in soveel kunsmatigheid
al
is dit alles hoe
beskaafd
behaaglik
en
beskermend
kan
ek myself nie keer om te verbeel
hoe dit sal wees
om
sonder
enige van hierdie
lae
mure
deure
skilde
en
pantsering
te leef
hoe sou ons sintuiglikheid
dan reageer en ontwikkel het?
No comments:
Post a Comment