donder
en weerlig speel opera-opera
op
die verhoog van die Midlands
dit
is so aangrypend
al
ons klein menslike dramas verval tot
niks
in aanskou van hierdie klank en lig-skouspel
niks
in aanskou van hierdie klank en lig-skouspel
daar
is etlike plekke op aarde waar
ek
so getoor voel
daar
waar die elemente en natuur so gelaai is
ek
voel die donker misterie en
die
wakkerheid in die atmosfeer
ek voel my
kwesbaarheid teen
die
agtergrond van hierdie magiese natuur-vertonings
tog mettertyd voel ek die salige bemagtiging
in hoe die kleinheid van my lyf
uitstyg en strewe om
in hoe die kleinheid van my lyf
uitstyg en strewe om
die
grootsheid van my siel vol te staan
donder
en weerlig maak my nie bang
dit
maak my hart bol staan
van 'n oer opwinding
so
‘n senutergende skouspel stroop my kop
van
afleidings en projeksies
as
ek nie teenwoordig is in
hierdie
drama getiteld “lewe” nie
sal
die elementele rekwisiete
die
huidiglikheid diep in my huid in ruk en
my
so teenwoordig, wakker en
op
aandag binne
hierdie heilspellende hede sal laat staan
dat
ek oombliklik sal sien hoe
alles
om en in my
elektries
lewend
dig
word
No comments:
Post a Comment