Sunday, 25 October 2015

as dit dan ‘n saak is van perspektief

vermenigvuldig my oë tienvoudig

hang elke oog van 'n ander                 
hoek
         en
                                              afstand

van
my                                           brein

om buite – waarlik                              buite –
myself te kan sien

dan eers sal my horisonne

V    E    R    B    R    E   E    D

v   e   r      l        e          n                 g
       
vergroot

en
uit  
hulle

nate
B ! A ! R ! S!

asseblief! kan ek in een enkele oogopslag
die wêreld veel-ogig betrag
sodat al my oë helderdenkend dronk word op
'n oomblikse begrip van 
die eksistensiële legkaart

Saturday, 24 October 2015

onbeskaamd

met my rug ingevou in die hoek van die rusbank
en bene wawyd oopgestrek
voel ek ongereserveerd en sorgloos 
ek kan nie help om myself te verbeel
binne die swellende lyf van ‘n verwagtende vrou

die hitte is net-net draaglik
ek gee nie om wie my hier sal teëkom in
hierdie onvleiende posisie
ek sit met ‘n self-vertroue gemak
ek het net my wit romp aan
geen hemp
my hande gemaksugtig langs my sye
en my borste doodluiters turend tot
in die uithoeke van die studio

dit is ‘n bemagtigende gevoel 
hierdie vrymoedigheid van lyf op ‘n somersdag
‘n non-chalante bewussyn van my vrou-wees
sonder om myself te verklaar verduidelik of bewys
my vel en been kan nie anders as om te ululeer 
in hulle onbeskaamde aanwesigheid

Friday, 23 October 2015

inkarnasie

die leerling-haarkapster
staan agter die kop van ‘n mannekyn
en kam die vals blink hare
in verskillende paadjies
ek staar van buite die salon se glasvenster
en bepeins die mannekyn se grynslose stilte
ek kan nie ophou kyk
want met elke gekalkuleerde kam
oor die bloedlose kopvel
kry ek rillings wat oor my eie kop dartel
vir daai starende oomblik
word ek geinkarneer in die mannekyn se lyf
sy kan nie help om die hoeke van haar mond
in ‘n glimlag te lig 

Thursday, 22 October 2015

telly death-stare

daar is ‘n dood in die telly
‘n dood wat die kykers
verstrak en verdoem tot
die telly death-stare

met daai totalitêre ligstrale
amputeer hy bene en arms
breine word uit skedels gesuig
wange raak hol       monde hang oop

die histerika van die telly
tentakel die oë
totdat alle skerpsinnigheid
verlep tot verminkte weerloosheid

Wednesday, 21 October 2015

hallelujah

ek luister na hallelujah
soos gesing deur jeff buckley
en my regter voetsool gloei asof daar ‘n vuur naby flikker
my hartspier huil trane dikker as bloed
ek kou die potlood met ‘n melankolie in
hierdie vrydagmiddag oktober hitte
die wit gordyne beweeg so lig
soos eens die plooie van my ouma
ek vang hier ‘n oomblik van rus in die tornado van die dag
met ritte op taxis busse en treine
tussen my ouerhuis in turffontein en my alma mater in pretoria
borduur ek herinneringe op ‘n enkele warm spoor
ek kan nie help dat die nat van my trane selfs in my ore gaan sit
ek wikkel my pinkie in my oorholte
herrangskik die was tussen die trane
om plek te maak vir die oorfone
want hierdie hallelujah wil ek nie vertroebel 
ek dink terug aan die laaste 24 uur se emosies
en ek word skielik opgewonde toe ek onthou ek het
anne sexton se volledige gedigte gistraand gekoop by
protea boekwinkel in burnett straat
ek het paar gedigte kon lees op die trein terug jozi toe
en die vrede van die warboel emosies
het kom stil sit in my oë wat anne se sinne verorber
aai om gedigte te lees is soos bid of mediteer
al is die kop aan’t raas en die hart seer
het gedigte ‘n manier om my aarde toe te bring
en lig om my slape te laat kring

Tuesday, 20 October 2015

dink hardop

i

die dae is vol van bome en blomme
en reuke en stories en stemme
en kilometers en afstande wat nader gebring word
winde wat waai
hart wat amper wil breek van so baie

ii

die hele tyd op pad wees
beplanning vir dit en dat
dagboek skryf
gedurig na horlosies kyk
dit maak my mal

iii

ek verlang na die stilte
in water
stilte bo op die drakensberge
stilte in die veld
stilte van ‘n stil hart

iv

as ek kon ontslae raak van al hierdie afleidings
hoeveel spasie sal ek dan in my kop
en om my hê
om myself totaal toe te wy aan my kreatiwiteit

v

die verligting as my lyf en my longe
stilte en kans kry
om weer dieper asem te haal

Thursday, 15 October 2015

eenvoud *

ek lê onder die oorhang van die grot
drup-drup water uit die klip en bons op
die blare van ‘n jong stinkhoutboom
en spat ‘n sproei-reën op my oop gesig
sneeu lê op die pieke en hange van die Malutis
sien ek teen die kille bloue winterlug
‘n helende son
niks kom naby die eenvoud hiervan

geen intellek
geen fancy woorde
geen stadsgeriewe
geen vaartbelynde voertuie
geen argitektoniese vernuf
sal ooit blinker skyn as hierdie
water klip boom lug en son

*Hierdie gedig is gekies om deel te vorm van die Sol Plaatje European Union Poetry Anthology van 2015.

Tuesday, 13 October 2015

for the sake of my sanity

for the sake of my sanity
let my wild femininity fly again
unclasp my fists
lift my buttocks from their sedentarifications
i can't grow wings if i sit all day
throw away the laptop, phone and chair
lift my head
lift my arms
unscrew my spine
expand my lungs
greet the sun with celebratory incantations
and salute the soil with 
unbridled 
      leaps
of 
            feral 
                            dancing

Saturday, 10 October 2015

volle vlesigheid en aanwesigheid

jy lê plat op jou maag
met jou kop wat eenkant toe kyk na waar
jou arm net duskant jou kop lê
en skielik sien jy jou
arm
heeltemal apart van jou lyf
asof jy vir die eerste keer 
waarlik
‘n arm sien
die vel
die haartjies
die bultende are
die spiere
die sproete
die porieë
en
die plooie
die volle eksistensiële gewig van jou arm
tref jou tussen die oë
jy voel ‘n oomblik van dankbaarheid
vir hierdie waarneming waarvoor jy jouself oopgemaak het
so ‘n diepe seëning hierdie teenwoordigheid van
jouself binne in jou vel
die volgende oomblik staan jy op
jou arms voel los en koel
jy kan nie wag om iemand te gaan omhels met
die volle vlesigheid en aanwesigheid
van jou arms nie

Friday, 9 October 2015

van die grond leer sy

van die grond leer sy die ritme van wind en water 
grond waaruit vrou klim om haar vel ten volle te voel 
grond sing haar lyf uit elke hoek en porie 
tril die vrugbaarheid van grond regdeur haar voetsole 
grond is bly om te voel hoe diep vrou haar spoor trap
sy druk haar lippe en bors ferm teen die aarde 

voel die vibrasie van minerale krag 
sy weet dit is 'n mite dat sy getrek is van die rib van man 
haar binnenste sê vir haar dat sy gegiet is vanuit die rugstring van berg  

from the soil she learns the rhythm of wind and water 
soil from which woman climbs to feel her skin fully 
soil sings from every corner of her body 
trembles the fertility of soil straight through the soles of her feet 
soil is happy to feel woman treading her spoor deeply 
she presses her lips and chest firmly to the earth 
feel the vibration of mineral strength 
she knows it is a myth that she was pulled from the rib of man 
her gut tells her that she was forged from the spine of mountain 

Thursday, 8 October 2015

wanneer ek eendag doodgaan

I

wanneer ek eendag doodgaan
wil ek hê my lyk
moet op die oop veld lê

hoekom moet my liggaam veras of begrawe word?

dit is mý lyf
en al gaan sy dood
kan niks of niemand my ekheid van haar wegvat nie

hoekom wil mense so gou van lyke ontslae raak?

los my lyk ver van mense se aanskou
laat ek in die hittige son van Afrika
disintegreer en in my eie tyd
een word met die grond

II

as iemand op my beendere afkom
vat dit en string dit op in 
‘n marionet waarmee kinders en grootmense 
na hartelus kan speel

want selfs in die dood
wil ek nie ophou dans

Wednesday, 7 October 2015

uit primordiale modder

uit primordiale modder sif ek ledemate, boude en dye 
brei ek die spiere van my lyf  
met die klei van die aarde  
dat wanneer ek tot niet gaan  
die grond my lyf makliker kan herken en verstaan
en sonder moeite my selle kan verteer  
en my siel tot in die hart van die aarde kan assimileer 

from primordial mud i sift limb, buttock and thigh 
blend the muscle of my body  
with the clay of the earth  
that when i perish  
the soil will easier recognise and understand my body  
and can effortlessly assimilate my cells  
and absorb my soul into the heart of the earth

Tuesday, 6 October 2015

my verse raak hoog op suurstof

een versreël is gelyk aan een inasem
ek wonder hoe die ekstra diep asem my sinne beinvloed
puur en suiwerder
of net oombliklik meer hoog op suurstof?
ek lag in my longe
hierdie diep asemteue
laat elke lyn so lewen-dig voel
geen tyd vir tob of wonder of karring nie
slegs uit die kop en hart skryf
sonder huiwer
sonder stop

sal meer suurstof my ‘n beter digter maak?
is hierdie gedagte maar net ‘n vlug van ydelheid?
alweer hoor ek my longe roggel van die lag
meer as my kop doen die pen die werk
hy moet byhou met hierdie griffel

in een asem kan ‘n mens net soveel skryf
vloei vloei vloei die lyne uit
golwend begin die kop en longe saamwerk
so harmonieus
dit is soos improviseer
net een kans vir een lyn
goeie oefening soos cardio vir die kop

probeer jy self een lyn te skryf op een asem
nè, nie so maklik!
die asem wag vir niemand nie
hou nie vas aan ’n idee nie
soos die maan nie uitstel sloer of talm
maar net aanhou die getye om die aarde stoot
so sal ek met die ryke voorraad van suurstof
my gedigte deur ore en harte ryg

Thursday, 1 October 2015

donder en weerlig

donder en weerlig speel opera-opera
op die verhoog van die Midlands
dit is so aangrypend
al ons klein menslike dramas verval tot 
niks 
in aanskou van hierdie klank en lig-skouspel

daar is etlike plekke op aarde waar
ek so getoor voel
daar waar die elemente en natuur so gelaai is
ek voel die donker misterie en
die wakkerheid in die atmosfeer

ek voel my kwesbaarheid teen
die agtergrond van hierdie magiese natuur-vertonings 
tog mettertyd voel ek die salige bemagtiging
in hoe die kleinheid van my lyf 
uitstyg en strewe om
die grootsheid van my siel vol te staan

donder en weerlig maak my nie bang
dit maak my hart bol staan
van 'n oer opwinding

so ‘n senutergende skouspel stroop my kop
van afleidings en projeksies
as ek nie teenwoordig  is in
hierdie drama getiteld “lewe” nie
sal die elementele rekwisiete
die huidiglikheid diep in my huid in ruk en
my so teenwoordig, wakker en
op aandag binne
hierdie heilspellende hede sal laat staan
dat ek oombliklik sal sien hoe
alles om en in my
elektries
lewend
dig
word

Wednesday, 30 September 2015

soos appels en koringkorrels

mmm, soos appels en koringkorrels voed
die klei-grond my bloed
bring ek my lyf aarde toe elke dag
ruik ek die stof
ruik ek die diep nat fertiliteit van modder en grond
wat by die ryk slik en slym poele van die aarde uitmond
wees versigtig waar jy trap
want elke dag gee grond geboorte aan menigte wesens
waardeur die lewensbloed tap
wees versigtig want jy trap dalk op iets nuut en kaal
iets wat nou net begin asem haal

mmm, like apples and wheat
this clay-earth feeds my blood
everyday i bring my body to the earth
i smell the dust
i smell the deep wet fertility of mud and soil
that pushes up from the earth's rich pools of mire and slime
be careful where you tread
for everyday soil gives birth to a myriad of beings
through which flows the lifeblood
be careful, for you may step on something new and naked
something that has just begun to breathe

Tuesday, 29 September 2015

in sy oë

die bedelaar soek 'n stuk warmte in 
sy kartonbed
dit is koud in die aande in kaapstad
sy mond is hard soos 
die betonmure 
wat oral 
om 
hom 
oprys
maar in sy oë 
sien ek iets van sy siel skyn soos
'n perdeblom wat 
deur
die krake 
breek

Sunday, 27 September 2015

laat ons terugkeer hiernatoe

met die arrivering van die nuwe seisoen
staan ek gereed met vlamme wat warm oor my skeen flits
ek sien ver voor uit in 
die onvreedsaamheid van die wêreld
as ek sou bid dan is dit nou
want iets skort in die lewe
die harmonie van saamleef en skep
en mekaar die vryheid van grond en atmosfeer gun

in die uithoeke van ons bestaan sal daar
nog humor moet vasklou om ons siele te red
want as ons eers ons waardigheid verloor het met
die uitwissing van liefde en vrede
gaan ons nie veel hê om aan vas te hou

laat die basuinende klanke van visionêre stemme diep in
die holtes van ons ore vibreer – helder stemme wat 
ons uit ons hibernasie sal pluk
en ons bloed die rigting sal wys
en asseblief, herinner ons om te skep in plek van ruineer
en dat dit ook okay is 
om te observeer eerder as om te reageer

leef met oop gemoedere en juig uitbundig oor
al die passievolle mooi wat 
pols en groei uit hande en monde
laat ons nooit ophou leer
laat ons bly kyk na die groei van
die sade in en om ons
laat ons sonder voorbehoud wortel en blaar spruit
wat van lig en son
skadu en vorm sal maak

laat ons terugkeer hiernatoe:
die eenvoud van skep
laat vaar die kompleksiteite en hoogdrawendhede
stroop die skeppingsdaad tot iets
so vaartbelyn en ongerep
dat ‘n enkele resonans die iris van die hartsoog
sal laat oopblom en tot verligting ruk

opeenvolging en agtervolging

dit is die opeenvolging van woorde
waarna sy die heeltyd hunker

dit is ‘n onblusbare fassinasie
met hoe die woord haar agtervolg
en hoe sy die woord agtervolg

én hoe 
die woorde 
mekaar agtervolg
en heeltyd
op
die uitkyk is
vir sin

Saturday, 26 September 2015

lig

en ek het lig gevind
onder my naels
tussen my tone
lig in die skulpe van my ore
en in die holte van my naeltjie
strale van lig vul die oksels van my arms
op die punte van my elmboë
lig lê in die grot van my mond en in die vou van my nek
golwe van lig spoel deur my hare
en maak my glo ek is die son

Friday, 25 September 2015

the velvet swelling of it

the full and ripe fulfilling
within my clasping hands
his only wish is to find its nest
in the dark and wet cavern
as my fingers start stirring over his silken skin
he begins to bud with serene twinges
in the sun of my hand it ripens out
into one glorious tumescence
as if he is the surging tide ruled by the attraction of the mystical moon
and eagerly lapping out to the hinterland
as if he is the dilating pupils of my intoxicated eyes
growing and brimming with restless lava
the hollow of my hand was made for
the velvet swelling of it
the core of my fleshy grotto was ordained
to be unlocked by the perfect fit of it
its reach goes beyond my blood and nerves
it pushes through to the core of my bones
right into the axis of my soul
suffusing my ramparts like irradiating red wine
thrusting straight into the heart of fruition
as he enters he illuminates the dusky chasms
turns me inside out
arching out to fill
the emptinesses of my body
to
complete
me 
whole

Wednesday, 23 September 2015

ek is maar net 'n surrealistiese rekwisiet

my kop verloor haar sinaptiese konneksies
is dit die wit wyn wat ek met my aandete gedrink het?
is dit my menstruasie?
is dit maar net mens-moegte wat my oorval?
die dun velletjies onder my oë is swaar
ek kyk hoe die ink uit die pen vloei om
woord en sin te maak
ek voel afgesny van my hand
dit is soos 'n film wat voor my afspeel
ek skryf maar dit is nie ek wat skryf nie
dit is 'n wonderlike ervaring om te hê
die woorde vloei moeiteloos uit die pen
my tong roer simpaties binne die holte van my kakebeen
voel-voel aan die spraak van die woorde
tog maak ek geen klank
ek is maar net 'n surrealistiese rekwisiet
in hierdie lukraak rankskikking van woorde
wat met hulle eie marionet-maniere
my verkakte serebraliteit uitdruk

Wednesday, 16 September 2015

it is yours

what if i have not created this poem?
what if you, dear reader, are the creator 
imagining this poem within the iridescent figments of your mind?
yóú are composing the metaphors the rhythm and the rhyme
it is actually you through whose spit these words slice
i am not standing here writing this poem
if you see someone other than you writing this poem
then well done to your runaway imagination!
these syllables breaking open in your eyes
are the lights in your synaptic genius
it is not i who have written this poem
your neurolinguisticality
is helixing this poem together
making you smile that smile that only a poem can make you smile
stand up and be counted as the one
who have thought out this piece of poem
fuck do not blame me for this poem
it is yours
take responsibility for it
as soon as you have owned up to it
take it in both your hands and run with it
take it in your mouth and shout with it!

Monday, 14 September 2015

do you know?

do you know
how many times i dissolve
before i rise up anew?
how many times i shrink
before i swell out in confidence?
how many times i melt
before i feel my soul alive?
how many times i cry
before i laugh out loud?
how many times i shy away 
before i raise my voice?

Saturday, 12 September 2015

why live with eyes open?

i close my eyes
let the poem sit on
the dark insides of my eye-lids

the syllables swim around the floaters
both wriggling in 
their rhapsodic spasms

as i open my eyes
the day’s light
is too bright

why live with eyes open
if i can have these dancing visions
behind closed eyes?

Friday, 11 September 2015

skermpie-lewe

almal voor hulle skermpies
flikker al die apps,
nuus, fotos, updates en
verwoede lyne in die eter
wat ten alle koste
gekonnekteer MOET bly

wat de hel soek ek op die kruin van die berg
in die vryste oopste lug
as ek die hele wêreld in
my handpalm kan hou?!

NEEEEEEEEEEEEE!
dit is net skermpies, duime
tone senuweeagtig tikkend op die vloer
strak en siellose frons in die oë
wat kan meer verdoemend wees
as hierdie skermpie-lewe?!

Thursday, 10 September 2015

the urgency is burning

the urgency is burning
my flesh is trembling
how can i stay sane in these days
where one’s voice is scarcely heard

my nerves stand on end
how can i stay focused 
when all the energies of people 
mill around me?
i feel trapped in this labyrinth
losing my mind 
ánd my creativity
i can only see as far as this poem
  - it sits ninety centimetres from my eyes -
how sad that i do not see any further

but in the next blink 
i see beyond this blinding page
right into the shining metaphor
that is strung around my tongue
and suddenly 
i can 
breathe 
into 
infinity

Wednesday, 9 September 2015

bloei

my vrouensingewandes skeur en bloei
klokslag elke maand
met dit kom die emosies
die knaende pyn
my hele lyf tril teen ‘n frekwensie wat
my so hoog en moeg tegelykertyd maak
elke maand dieselfde storie wat haarself herhaal
daar is selde verandering in die lyding
 - die ongemak, die malkoppigheid -
dit het ek nou na twintig jaar aanvaar
as biologiese imperatief
ek sluk warm water met
suurlemoen en heuning om
die styf gespande senuwees en spiere te kalmeer
ek sit met my lyf in die son
my hart huil-smeek dat die onbeheersde bons
van my hart stil sal word
en die bloei gou tot ‘n einde kom
sodat ek lewendig en nuut weer kan opstaan

Monday, 7 September 2015

scowl

let me pull an honest scowl 
rather than a hypocritical smile

Thursday, 3 September 2015

in die geselskap van die wysgieriges

in die geselskap van die wysgieriges
die rigtingaanwysers
die sielverrykers
die spekuleerders
kyk ek in elk van julle se oë
probeer pyl wat julle sien
wat julle dryf in hierdie rigting
sien ek baie passies

kyk julle in mý oë
en soek ook iets
in my

al wat ek kan gee
is liefde
fokkin baie liefde
ek wil net lief wees vir julle
nie omdat want hoekom nie
net
lief
wees
vir
julle

Wednesday, 2 September 2015

en in die nag het ons ledemate mekaar gevind

en in die nag het ons ledemate mekaar gevind
by mekaar se voete het ons begin
en deur komberse klere en hare
het ons geprogesseer na
ons sagter en natter dele
die aanraking was soet
die ontdekkingsreis oor vel-landskappe het
my diep laat sug van
my hart wat so lekkerkry

deur die hunkering na leerkenning
deur die borrels van fassinasie en
bewondering van jou liewendheid
is dit dit:
die begeerte om onder die vel van
jou te kom
ek kan nie aan die abstraksie van jou vat nie
ek kan wel aan die waarheid van jou vel vat